Dana Snyman skryf onlangs in Die Burger ‘n artikel oor skole
se leuses. Hy verwys onder andere na die
laerskool op Rietbron, diep in die harde Karoo.
Hy stel homself voor hoedat die
mense daar sou gesels oor ‘n leuse vir die skool. ‘Reik na die sterre’ sou hulle voel, is te pretensieus vir hulle
soort wêreld. ’n Oom met bruingebrande
arms staan op “Hier reik ons nie,
kêrels. Hier beur ons,” sê hy. En so
word Laerskool Rietbron se leuse ‘Ons
beur boontoe’.
Vir baie Christen-gelowiges voel ‘n reik-na-die-sterre
geloof net so oneg. Ons beur ook
voort soos die Rietbronners in ‘n harde
wêreld met ons voete op die grond. Maar
ons beur ook boontoe!
Here, met my voete -op-die grond geloof wil ek u dien. Ek beur vorentoe en boontoe in my lewe en dankie
dat ek weet U beur saam. Amen