Fietsry is nooit vervelig nie. Die een oomblik jaag ek
nog met 'n groot glimlag op die eindstreep af. Die volgende oomblik lê ek
mond vol sand en gesig in die grond. Die
lewe het sy oppe en sy affe en as ons kan lewe om die storie te vertel, dan is
dit alles deel van die avontuur. Hopelik
leer ons ook so ‘n bietjie uit ons foute en teleurstellings. Myne: “Stille
water , diepe grond, onder draai die duiwel rond” of so iets.
9 May 2013
Fees van vrymoedigheid
Van benoude wegkruipers en weghardlopers tot mense wat met
vrymoedigheid in die openbaar praat en selfs weier om stil te bly. Dit is die verandering wat by die dissipels
van Jesus Christus gekom het. Wat het
gebeur? Pinkster het gebeur. Handelinge
1:8 het waar geword: “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige
Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees ...”
Die Heilige Gees het nie net die dissipels geïnspireer
nie. Die Gees het ook op daardie dag duisende
mense tot geloof in Jesus laat kom. Die
kerk van Jesus op aarde is gebore.
In Pinkstertyd vier ons hierdie
merkwaardige tyd. Die 1980e verjaarsdag van Jesus se kerk.
Oor jare het die Heilige Gees mense laat glo, gelowiges
geïnspireer en sy kerk laat groei. God het dit veral gedoen deur mense, soos ek
en jy, as dissipelmakers te gebruik. In Pinkstertyd vier ons fees en ons bid
dat die Heilige Gees ons dieselfde vrymoedigheid sal gee as sy dissipels.
Subscribe to:
Posts (Atom)