9 May 2013

Fees van vrymoedigheid



Van benoude wegkruipers en weghardlopers tot mense wat met vrymoedigheid in die openbaar praat en selfs weier om stil te bly.  Dit is die verandering wat by die dissipels van Jesus Christus gekom het.  Wat het gebeur?  Pinkster het gebeur. Handelinge 1:8  het waar geword:  “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees ...”
Die Heilige Gees het nie net die dissipels geïnspireer nie.  Die Gees het ook op daardie dag duisende mense tot geloof in Jesus laat kom.  Die kerk van Jesus op aarde is gebore.  In  Pinkstertyd vier ons hierdie merkwaardige tyd. Die 1980e verjaarsdag van Jesus se kerk.
Oor jare het die Heilige Gees mense laat glo, gelowiges geïnspireer en sy kerk laat groei. God het dit veral gedoen deur mense, soos ek en jy, as dissipelmakers te gebruik. In Pinkstertyd vier ons fees en ons bid dat die Heilige Gees ons dieselfde vrymoedigheid sal gee as sy dissipels.  

No comments:

Post a Comment