Belangrike fondsinsameling vir Hoop Geloofsgemeenskap - aandag gholfspelers en vriende van gholfspelers
Hoop Geloofsgemeenskap bied saam met Ferdi van "Big Brother" faam op 13 September 'n gholfdag aan by Somerset-Wes Buiteklub. Wat gaan dit oplewer!! - 'n Pretdag. 'n Dag van vermaak vir die hele gesin en baie nodige fondse vir Hoop Geloofsgemeenskap. Gert Nagel vertel:
1. Dit gaan pretdag wees - en hoewel ernstige gholfers welkom is, gaan dit nie noodwendig die wen telling wees wat die eerste prys wen nie. (m.a.w. enigiemand is welkom om saam te speel al is dit die eerste keer.) 2. Snaaks aantrek kan ook vir ’n span mooi pryse wen. (Boetes sal opgelê word indien daar nie ’n poging aangewend word nie) 3. Die Gholfdag sluit ’n warm ete in asook "snacks" en drankies op die baan en vir R100 ekstra kan die gades en kiddies ook ’n ete en "hotdog" kry. 4. Daar sal ook vanaf 16h00 Rugby Tots aangebied word vir die kinders by die Gholfbaan. 5. Buiten die prys uitdeling gaan Ferdi vir ons ’n paar lekker pryse opveil, so enige donasie is welkom .
Dit is nou die tyd om vierballe in te skryf, gaatjies te borg en donasies te gee. Gert Nagel - 0823378699
|
No comments:
Post a Comment