Ek het die week ‘n MRI skandering laat doen. Terwyl ek daar in die tonneltjie stil moes
lê, het ek gebid; en ook gedink hoeveel
daar sekerlik in daardie kamertjie gebid word.
Elkeen wat daar ingaan vir ‘n toets het ‘n kommer of onsekerheid wat hom
of haar weerloos laat voor die uitslag van die slim masjien.
Dit is in sulke tye van weerloosheid dat ons opkyk na
God. Hoekom is dit nodig dat ons eers
aan ons eie broosheid herinner moet word voor ons na God toe draai? Ek dink dit
is seker menslik dat ons soms dink ons kan op ons eie regkom in hierdie
lewe. Maar as die stormtyd of die
woestyntyd kom, dan het ons die voorreg om na God te kan roep.
No comments:
Post a Comment