20 Jul 2009

Die grootheid van U goedheid

Ek lees vandag hierdie gebed van S Kierkegaard, wat ek net so effens aanpas:

God van die hemel,

As ek na U majesteit kyk,

besef ek my eie niksheid –

Nie om daardeur in wanhoop te verval nie,

maar sodat ek van die grootheid van u goedheid

nog meer bewus kan raak.

Ek staan verstom voor u liefde

teenoor ’n skepsel soos ek.

Vader in die hemel,

U het my eerste liefgehad.

Help my om dit nie te vergeet nie.

Laat hierdie sekerheid my hart in beslag neem

ten spyte van die verleiding van die wêreld,

ten spyte van die rusteloosheid van my hart

ten spyte van my angs oor die toekoms.

Laat die troostende wete van u onveranderlike liefde

die seer van my verlede,

asook die onsekerheid van die hede verdryf

- en my ’n uitsig op die toekoms gee.

Amen

(Gebedeboek van die Lewe)

No comments:

Post a Comment