20 Jul 2009

Die son pad

Die nuwe skoolkwartaal skop vandag hier in die Kaap af, en dit is nogal ’n lekker gevoel. Na die winter hibernering draai ons nou op die son pad. Natuurlik gaan dit nog ’n hele ruk wees voordat die lente hier is, maar ons is nou afdraende op pad soontoe.

Die lewe is mos ook half so. Ons weet daar is nog stukke winter waardeur ons moet werk, maar eintlik weet ons ons is op die pad wat uitloop op die hemelstad. Net soos ons uitsien na die tekens van die lente wat gaan kom, so sien ons uit en sien ons reeds tekens van God se koninkryk wat in hierdie wêreld aan die kom is.

Mag jy die opwinding van hierdie pad saam met God beleef.

Dissipelskapskool

Ons begin Sondag in Helderberg met ’n heerlike reeks oor Jesus se reispad na Jerusalem. Ons noem dit “Jesus se dissipelskap­skool”. In Lukas 9:51 begin Jesus sy laaste reis na Jerusalem vasbeslote. Net om eers 10 hoofstukke later in Lukas 19 daar uit te kom. Op hierdie reispad is Jesus besig om 12 dissipels voor te berei en te leer. Ek sien uit daarna om die volgende 14 weke saam met Jesus se dissipels onder die hande van die Groot Leermeester deur te loop. Jy is welkom om saam die boodskappe te volg. Vir die wat ver is, natuurlik deur Helderberg se webwerf. http://www.nghelder.org.za/ . Ek sal ook hoogtepunte op hierdie blog sit.

No comments:

Post a Comment