16 Jul 2009

'n Gebed vir die dag

’n Gebed vir die dag

 

Ag, Here, U is altyd by my.

Noudat die dag begin

en ek my aandag by my daaglikse werk moet bepaal,

vra ek dat U my die genade skenk

wat ek sal nodig hê om my take goed af te handel

sonder om ooit te vergeet

dat ek dit in U teenwoordigheid doen.

 

Help my om my nederige taak tot u eer te doen.

Ontvang dit van my as geestelike offer.

En laat my enigste begeerte wees om U te eer.

Amen

 

Daaglikse gebed van Broer Lawrence voordat hy soggens in die kombuis begin werk het.

Uit Gebedeboek vir die Lewe

1 comment:

  1. Wat my net weer getref het, is die gedagte dat ons alles wat ons doen in die teenwoordigheid van God doen. Dit gaan nie oor Calvinistiese werksetiek, of "Oppas ogies, oppas ogies wat jy doen" nie, maar oor God wat by my is selfs as ek die nederigste, maar ook as ek in my oe 'n baie belangrike taak, moet verrig. Here, help my om dit wat erk doen vandag regtig as geestelike offer vir U te doen.

    ReplyDelete